Willem Oosthuizen
Mon - Fri: 8:00 - 17:00
Logo Communitydevelopment.co.za
Apply

Gebruik Jou Bates

Willem Oosthuizen
Tuesday, April 6th, 2021
Invest through the community development experts
Contact us

Inleiding

Die Koöperasie Gemeenskapstrust moedig individue, gemeenskappe, werknemers en organisasies aan om hul eie unieke bates te identifiseer en dit te gebruik om hulself sosio-ekonomies te bemagtig.

Ongelukkig het daar ʼn persepsie ontstaan dat gemeenskapsprojekte arm, hulpelose mense help en ondersteun wat almal bakhand staan vir donasies. Ons persepsies oor gemeenskapsontwikkeling sal drasties moet verander!

Die Koöperasie se Gemeenskapstrust het bewys dat dit glad nie die geval is wanneer ons belê in ons gemeenskapsbates nie. Niemand hoef bakhand te staan vir donasies nie! In ʼn sekere sin het ons self hierdie donasie-mentaliteit veroorsaak aangesien ons  gedink het ons help mense deur donasies te gee sodat hul behoeftes bevredig word. Ons staan ook self skuldig! In plaas daarvan dat ons leer om te gebruik wat ons het, het ons in 'n gewoonte verval om te soek na die dinge wat ons nie het nie.  Mense uit alle vlakke van die samelewing eien hulself deesdae ʼn tipe aanspraak of eie-geregtigheid toe op dinge wat hulle nie besit nie. Baie mense is so besig om te jaag na die dinge wat hul graag wil hê, dat hul vergeet van die dinge wat hul reeds het, en dat dit eintlik hul bates is!

Die Gemeenskapstrust belê reeds in talle bates, sosiale entrepreneurs wat volhoubare inkomste genereer.

Soete Swaan in Kruisfontein is ʼn goeie voorbeeld van ʼn bate-belegging. Soete Swaan bak Stroopwafels en verkoop dit aan winkelgroepe. Al die wins wat uit hul Stroopwafels gemaak word, word net so belê in Rainbow Skool, ʼn skool vir gestremde kinders. Al wat ons hoef te doen is om hul produk by al ons takke te verkoop. Ons weet die wins word gebruik om kinders te bemagtig.

Bate-gebaseerde Gemeenskapsontwikkeling (Asset Based Community Development-ABCD)

ABCD is ʼn proses wat fokus op bates (in plaas van probleme) om ʼn positiewe wêreld beskouing te bevorder. Dit help gemeenskappe om hul eie ontwikkelingsproses te bestuur gebaseer op hul unieke bates. Hierdie proses bevorder volhoubare sosio-ekonomiese ontwikkeling.

Die Koöperasie Gemeenskapstrust se benadering tot gemeenskapsontwikkeling is gesetel in die identifisering en ontwikkeling van ons bates.

Voorbeelde van bates?

Mense: Ons grootste bate is ons mense! Ons het ʼn interessante diversiteit van kulture in Suid Afrika. Ons rykdom aan kennis, talente, kreatiwiteit en gewilligheid verskaf ʼn onuitputlike bron vir die ontwikkeling van gemeenskappe. As ons byvoorbeeld in ʼn kleuter se vroeë ontwikkeling belê, sal ons later die vrugte daarvan pluk wanneer hy Graad 12 deurkom of universiteit toe gaan. Hierdie is ʼn belegging in menslike kapitaal en ons sal die vrugte daarvan pluk. Hierdie kleuter van vandag gaan oor ʼn dekade moontlik in van ons boerderye of besighede  kom werk.

Grond: Suid Afrika beskik oor miljoene hektaar grond wat suksesvol bewerk kan word om sosio-ekonomiese ontwikkeling te stimuleer. Grond is ʼn bate wat slegs ten volle benut kan word indien mense dit suksesvol, verantwoordelik en volhoubaar bestuur. Indien ons in boerdery ontwikkeling belê, gaan ons werk skep en daarmee saam finansiële groei en rykdom.

Omgewing: Oral waar mens in Suid Afrika reis ontdek jy nuwe, unieke omgewings met ʼn ryk biodiversiteit. Ons beskik oor berge, dale, valleie, woude, seekus, karoo, riviere en ʼn magdom verskeidenheid van plant, voel en dierelewe. Mens kan eintlik enige plek in Suid Afrika as middelpunt neem en binne ʼn uur se ry, ʼn verskeidenheid van grond tipes, plantsoorte, en selfs klimaat verskille beleef. Ons het mense nodig om hierdie goudmyn van geleenthede te delf en te ontwikkel.

Die Koöperasie Gemeenskapstrust belê in die ontwikkeling van Agri- Toerisme Roetes om sodoende geleenthede te skep vir mense om hul unieke omgewing en produkte te verkoop.

Infrastruktuur: Ons beskik oor relatief goeie padnetwerke, watervoorsiening, dorp en stad strukture, kommunikasie netwerke en lugvervoer.

Die benutting en ontwikkeling van ons bates sal suksesvolle sosio-ekonomiese ontwikkeling verseker. Die Koöperasie Gemeenskapstrust beywer hom om goeie bates te identifiseer en dan daarin te belê vir die toekoms. Daarom vra ons nie vir donasies nie, ons soek investeerders. Ons ondersteun nie noodwendig sopkombuise nie aangesien ʼn sopkombuis  nooit gaan ophou vra vir donasies nie. Ons belê veel eerder in die ontwikkeling van ʼn volhoubare groentetuin waar die gemeenskap kan leer om hul eie voedsel te produseer. Dit verander bak hande in werkshande!

Timion NPO volhoubare groenteverbouing en toerusting vir Serebraal Gestremdes

Kom gesels gerus met my indien u meer wil weet oor bate-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling.

Ons bied ook werkswinkels aan om bate-identifisering te doen. Willie Oosthuizen 066 485 2121

Apply now to become part of the Co-op Community Trust and enjoy fantastic benefits for your project!
Apply
Free newsletter

Sign up for our newsletter to stay abreast of local development initiatives and to see how businesses benefit from sowing into our communities.

Logo Communitydevelopment.co.za

Copyright © communitydevelopment.co.za. All rights reserved. Legal Hosted and maintained by Bay Marketing Co.

chevron-down