Willem Oosthuizen
Mon - Fri: 8:00 - 17:00
Logo Communitydevelopment.co.za
Apply

Langbos Kleuterskool in Addo dra by tot Voedselsekuriteit

Charein Coenraad
Wednesday, December 8th, 2021
Invest through the community development experts
Contact us

Langbos Kleuterskool in die Sondagsrivier Vallei is 'n bewys van die belangrikheid en impak van groentetuine, nie net in ons kleuterskole nie, maar ook in ons breë gemeenskappe. Groentetuine word gesien as die grootste en goedkoopste bydraende faktor tot voedselsekuriteit in ons samelewing. Meer en meer individue, skole en gemeenskappe poog om hul eie groentetuin projekte op die been te bring aangesien dit die volhoubare beskikbaarheid van voedsame voedsel verhoog.

Die Langbos-groenteprojek poog om die werknemers van Langbos-kleuterskool in staat te stel om volhoubaar hul eie kos te kweek om sodoende kos te voorsien aan meer as 50 kinders wie daagliks kleuterskool bywoon. Die kleuterskool kinders word geleer hoe om plante te kweek, dit te versorg en om gesond te eet, aangesien die kos wat geproduseer word, in hul ontbyt- en middagete-program,  asook in die gemeenskap se sopkombuise voorsien word.

Opleiding

 'n Verdere doel van die Langbos projek is om opleiding aan die gemeenskap te verskaf in voedselproduksie. In ooreenstemming hiermee kan die bome en plante wat in die bestaande tuin geplant word, as 'ouer' steggies en saad gebruik word. Sodoende kan voedselproduksie en mikrobesigheidsgeleenthede in die groter Langbos-gemeenskap ontstaan. Groentetuine kan dus deel vorm van ʼn langtermynoplossing vir voedselsekuriteit in baie van ons gemeenskappe. Hoe meer mense toegerus word met die kennis en vaardighede om hul bates te gebruik en hul agterplase te omskep in groentetuine, hoe meer sal daar ʼn drastiese afname wees in kinders en volwassenes wie nie die nodige voedsel hulp ontvang nie asook huishoudelike inkomste wat verbeter word deur kleinskaalse boerdery.

Bategebaseerde gemeenskapsontwikkeling word dus ook in die proses bevorder, want elke persoon word die geleentheid gebied om eienaarskap neem van hul eie groentetuin projek wat sal lei tot hoë vlakke van volhoubaarheid.

Begin jou groentetuin vandag, en motiveer ander om dieselfde te doen. Wie weet, dalk het jy groen vingers!!!

Apply now to become part of the Co-op Community Trust and enjoy fantastic benefits for your project!
Apply
Free newsletter

Sign up for our newsletter to stay abreast of local development initiatives and to see how businesses benefit from sowing into our communities.

Logo Communitydevelopment.co.za

Copyright © communitydevelopment.co.za. All rights reserved. Legal Hosted and maintained by Bay Marketing Co.

chevron-down